Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbou Boerekos

Herfs & Winter 2025
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

HOEKOM DIE OU DAE SAAK MAAK • Dit bly ’n raaisel. Hoe sentimenteel ’n mens met die jare raak. Miskien is dit die bewuswording dat daar al meer agter ’n mens lê as voor.

Só sê ons lesers • Ons someruitgawe oor plaaslike koshelde het die possak laat bult. Ons deel graag ’n paar van jul briewe.

LEWENSREISE ENKOSSKATTE • Die tema van ’n Boerekos-tydskrif word soms bepaal deur ’n streek of die seisoen, maar hierdie keer het twee koslegendes toevallig die saadjie geplant.

’n Ma se kos

Hartskos sonder tierlantyntjies • Anél Potgieter se ma, Babs, het oor die jare diep in die harte gekruip van Rapport lesers en Anél se volgelinge op sosiale media – dis waar dié kosskrywer dikwels foto’s en staaltjies oor haar ma gedeel het. En toe die fyne tannie Babs tydens die pandemie boonop Covid-19 onder sy jis skop, het dit haar die bynaam Babs Norris besorg. Sy het haar nie sommer laat onderkry nie.

Myma se kombuis • Haar ma se groot plaaskombuis bly onaangeraak, skryf ANNELIESE BURGESS. Presies soos wat dit was toe sy haar laaste pot konfyt daar gekook het.

Plekviralmal om haar tafel • Kosskrywer Nina Timm se ma, Tina Brandt, het haar lewe daaraan gewy om ander te dien. Haar omgeehart, net soos die etenstafels wat sy elke dag gedek het, het vir ieder en elk plek gehad.

Pannekoek-gebooie • Haar ma, Inez, se pannekoektoertjies en haar gasvryheid was ewe legendaries, vertel die skrywer en kospersoonlikheid ERRIEDA DU TOIT. Haar kleinkinders praat vandag nog oor hoe blitsig ouma Inez altyd met ’n pannekoektoring sou verskyn sodra hulle oor haar drumpel gestap het.

Deegrosies virhaardogters • Haar geliefde ma, Jakkie, het lekker gekook want dit was vir haar heerlik om mense te bederf en te versorg, vertel die kosskrywer Vickie de Beer.

Warm uit die oond • Wintergebak – ’n woord wat jou laat dink aan ryk en louwarm stroopsoet en aromatiese eetgoed propvol vrugte, speserye, neute, botter en room …

Kookenkuier OP DIE PLAAS • Ons begin ons plaaskuiers in Bela-Bela by ’n voormalige Olimpiese driekampatleet wat deesdae ook as varkboer uitblink. Van daar gaan ons na Viljoenskroon in die Vrystaat, waar hoenders vry kan rondloop en na hartelus kan skrop, en verder na ’n beesplaas by Arlington, nie ver daarvandaan nie. Dan reis ons Wes-Kaap toe, en maak ’n draai in peerboorde buite Prince Alfred Hamlet voor ons kus toe mik, tot in Sir Lowry’s Pass, waar ’n byeboer geheime uit sy korwe deel.

PERE • Herfs en winter is die tyd vir kraakvars pere. Kook daarmee, bak daarmee of lê dit in en bêre die lekker vir later.

Winterkoue sit lekkerte in dié pere • Karl von Buddenbrock is ’n veearts wat saam met sy pa, Ean, met pere op hul familieplaas, Rhodene, by Prince Alfred Hamlet boer. Hy’s die derde geslag op dié historiese plaas waar nege verskillende soorte pere, asook appels, verbou word.

HOENDER • Hoender is nie net ’n staatmaker as jy gou ’n gesonde weeksaandete wil optower nie. Dit kan net so maklik ’n deftige jas dra, of sonder moeite met ’n lagie krummels, ’n paar lepels pasta of ’n slim sous omskep word in enigiets van gesinskos tot trooskos.

Indiehoenderhemel • Lynne Griessel se grootwordjare as plaaskind het haar gebrei vir ’n lewe in die landbou. By Tulanie Chickens boer sy met vrylopende hoenders wat na hartelus buite kan skrop. Want dis een ding wat haar ouers haar geleer het: Ons moet waardeer waar kos vandaan kom.

BEESVLEIS • ’n Sappige steakpastei, stowevleis wat stadig in die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans